Ons kinders en jongmense is vir ons belangrik en ons gee graag aandag aan elke kind in ons gemeente. Die Jeugbediening wat strek vanaf voorskoolse kinders tot Gr. 12 word gebou op drie pilare: Woord; Pret en Verhoudings. Daar word deurgaans gepoog om ons kinders aan God se Woord(Geloof) op `n Prettige(Liefde) manier bloot te stel, waar Verhoudings(Dade) in Christus en met mekaar gebou word.
Babas en Peuters
Ouers kan gerus gebruik maak van ons goed toegeruste moederskamers. Dit is `n veilige omgewing vir u kind en u kan steeds die erediens geniet. Ons bedien ook graag ons kleiner kinders deur `n aktiewe kleuterkerk wat Sondae in die lapa aangebied word. `n Span toegewyde mammas neem die leiding. Kontak gerus vir Riëtte Snyman.
Kinders Gr. 1 – 7 (10:15 – 10:45)
Kategese word Sondae na kerk deur bekwame kategete aangebied. Daar word twee keer `n kwartaal gesamentlike lofprysing in die jeugsaal gedoen. By die geleentheid spreek die jeugwerker ook die groter groep toe met `n relevante boodskap.
Tieners Gr. 8 -12 (17:30 – 18:30)
Kategese word Sondae-aande in die Jeugsaal deur bekwame kategete aangebied. Daar word twee keer `n kwartaal gesamentlike lofprysing in die jeugsaal gedoen. By die geleentheid spreek die jeugwerker ook die groter groep toe met `n relevante boodskap.
Vrydae Aktiweite
Daar word op Vrydae aktiwiteite vir die jeug aangebied wat jaarliks op die kerk se kalender aangedui word. Hier kry die jeug die geleentheid om Christenskap in `n informele hoedanigheid te beleef en uit te leef.
Ouerleidingsklinieke
Die Jeugbediening poog om as `n verlengstuk vanaf die ouerhuis op te tree, daarom dat daar gefokus word op die ouers van die jeug. Ouerleidingsklinieke skep `n platform vir ouers waar hul die nodige hulpmiddels en vaardighede kan ontwikkel wat eie is aan die post- moderne era waarin ons leef.
Skakelpersoon:
Stefan Smit – Jeugwerker