Gemeentebestuurder

WOODLAND HILLS NG GEMEENSKAPSKERK:  GEMEENTEBESTUURDER

NG Gemeente

Woodlandhills NG Gemeenskapskerk (WHNGGK)

Ring

Bloemheuwel

Posisie

GEMEENTEBESTUURDER

Sluitingsdatum

15 OKTOBER 2024

Diensaanvaarding

01 Januarie 2025

Navrae

Judy Havenga                         Email: kantoor@woodlandhillskerk.co.za     Foonno. 051 492 3064

Johan Lombard                      Email: johan@ppasa.net                                  Selno.  0825600130

Ds Anton Meiring                  Email: anton@woodlandhillskerk.co.za         Selno.  0798953914

Gemeenteprofiel en faktore betreffende die gemeente

 

Woodland Hills is ’n NG Gemeenskapskerk (WHNGGK) in Bloemfontein. Die gemeente is 14 jaar oud en het ongeveer 528 belydende, 223 dooplidmate en 33 vriende van die gemeente. Vriende van die gemeente is lidmate wat inskakel en bedien word, maar wat nie hul tradisionele lidmaatskap elders kanselleer nie.

WHNGGK is ’n voorstedelike gemeente wat hoofsaaklik die landgoed van Woodland Hills bedien, maar het ook heelwat lidmate buite die grense van die landgoed. Die gemeente wil ’n tuiste wees waar God se liefde tasbaar is en sodoende elkeen toerus en uitstuur. Die gemeente bestaan uit alle ouderdomsgroepe, met ’n persentasie senior lidmate waarvan ’n deel in ’n “Lifestyle Village” binne die gemeentegrense woon.

Ons as Woodland Hills NG Gemeenskapskerk wil graag aansoeke van passievolle en energieke persone ontvang. Die geskikte kandidaat moet ’n liefde vir God en ‘n liefde vir mense op alle ouderdomsvlakke hê en aan die volgende profiel voldoen:

  1. PROFIEL VAN DIE GEMEENTEBESTUURDER.

Daar sal van die gemeentebestuurder verwag word om oor die volgende vaardighede te beskik, nl.

  • Administratiewe vaardighede betreffende die bestuur van die kerkkantoor, die notulering van vergaderings en die opstel van die begrotings.
  • Organisatoriese vaardighede betreffende die funksionering van die gemeente en bedienings.
  • Bestuursvaardighede ter ondersteuning van verskillende gemeentelike projekte, bv. die basaar, die manne-aand, die passenaweek, die langtafel, jeugaksies, en ander.
  • Samewerking in groepsverband is altyd in medewerking met en onder toesig van die RGL en bedienings.
  • Skakeling met die gemeente, verskillende bedienings, organisasies na buite.
  • Die pos van gemeentebestuurder moet ontwikkel en uitgebou word. .
  • Aanvaarding van die verantwoordelikheid wat betref die funksionering van die RGL en die verskillende bedienings.
  • Aanvaarding van medeverantwoordelikheid vir die gemeente se finansiële welstand.
    • Die gemeentebestuurder dien as skriba op die vergaderings van die Raad van Geestelike Leiers.
    • Skakeling met die gemeente.
    • Kantoor:
  • Die kantoorure strek van Maandag tot Vrydag van 09:00 tot 13:00, met beskikbaarheid tot 17:00 asook die volgende, nl.
    • Bywoning en notulering van vergaderings (meestal in die aand).
    • Bywoning/betrokkenheid van funksies soos deur die gemeente gereël.
    • Moet op die Dagbestuur dien indien deur die RGL daartoe verkies.
    • Geen verpligte diens op Saterdae en Sondae.
    • Skakeling met buite-instansies.
    • Administrasie van die Finansies.
    • Personeel:
    • Noue skakeling met die leraar. Rapporteer tersaaklike inligting aan die leraar.
    • Bestuur van die res van die personeel.
    • Monitering en aanteken van verlof van al die personeellede.

Vergoeding

Die salaris is onderhandelbaar.

Aansoek

Vir verdere inligting betreffende die profiel van die pos en die profiel van die kandidaat, druk op die volgende skakel: www.woodlandhillskerk.co.za.

Stuur asseblief vir ons u CV aan kantoor@woodlandhillskerk.co.za en motiveer presies hoe u aan die profiel van die pos en die profiel van die gemeente voldoen. 

Sluitingsdatum: 15 Oktober 2024. Datum van indiensneming: 1 Januarie 2025.

Die kerkraad behou die reg voor om nie noodwendig ’n aanstelling uit die aansoeke ontvang, te maak nie.