Aanbidding is nie iets wat ons doen nie, maar wie ons is.
Ons as gemeente glo dat die Here ons verskillend gemaak het en dat elke gemeentelid verskillend aanbid. Ons probeer om dit moontlik te maak om die groot verskeidenheid style van aanbidding te omhels en vir almal ruimte te gee om so die Here te dien.
Die aanbiddingsbediening se doel is dat God die eerste fokus moet wees! Ons kleur die erediens in rondom die boodskap en gee die geleentheid vir gemeentelede om die Here te ervaar op hul unieke manier deur:
► Eredienswerksgroep
► Musiekbediening
► Klank-en–beeld bediening
► PowerPoint bediening
► Dekor en Kunste bediening
Ons wil almal nooi om te kom deel raak van ons bediening. Daar is ‘n wye reeks geleenthede. Jy kan self bepaal watter vlak van betrokkenheid jy tans kan hanteer. Daar is geleenthede waar mense weekliks betrokke kan raak, of een maal ‘n maand of selfs op spesiale geleenthede. Hoe meer hande daar is, hoe meer kan ons saam as gelowiges die Here eer. As jy wil deel raak van die groter Aanbiddingspan, kontak ons gerus.
SAMEROEPER
Kerkkantoor | (051)492-3064