Vrouebediening

 Ons gemeente se Vrouebediening verteenwoordig al die vroulike lidmate van die gemeente en vorm ‘n netwerk deur die gemeente wat poog om omgee vir mekaar prakties en ‘n werklikheid te maak:

Van vroue… ons as vroue gaan iets doen. Dit sluit al die verskillende fasette in soos byvoorbeeld teeskink, blombeurte, basaar tafels, koekbak, naaldwerk, senior aksies, begrafnisondersteuning, omgeegroepe, reël en aanbied van fondsinsamelingsgeleenthede, ens.

Vir vroue… ons as vroue moet ook geestelik groei en moet daarom nie net fokus op gee nie, maar ook om geleenthede te skep waar elke vrou in die gemeente geestelik verryk kan word en waar sy haar spiritualiteit kan uitleef. Dit sal onder andere insluit vroue-omgee en gebedsaksies, funksies wat gefokus is op vroue en die vrouekampe.

Na die wêreld… ons bediening kan nie by Woodland Hills stop nie, ons het ook ‘n verantwoordelikheid om by die wyer gemeenskap betrokke te raak. Ons gemeente is reeds by verskeie barmhartigheidsprojekte betrokke en hier benodig ons die aanwend van elke gawe en talent van elke vrou in die gemeente.

SAMEROEPER

IDA MEIRING