Ons gemeente het ‘n aktiewe barmhartigheidsbediening. Ons poog om nie net geld te gee nie, maar gee veel eerder ons tyd, kundigheid en liefde.
Ons is betrokke by:
Ooshoek-gemeente
Ons benodig kos en enige ander huishoudelike produkte. Skakelpersoon: Rudolph van Niekerk.
Gardenia jeugsorgsentrum
Hulle benodig hulp met o.a. arbeidsterapie en spraakterapie. Ook vra hulle hulp met die diens en onderhoud van hul voertuie. Skakelpersoon: Rowen Smith.
Food for kids
Hulp word benodig met die deurlopende voorsiening van kos vir die kinders. Skakelpersoon: Marietjie Louw.
Koffiebottel/mayonnaisebottel-projek
Ons versamel leë koffie/mayonnaisebottels en vul dit met ‘n kosmengsel wat dan aan minder bevoorregte persone uitgedeel word. Ons mikpunt is 5000 gevulde bottels. Skakelpersoon: Rowen Smith.
SAMEROEPER:















